GEORGE NUUS - Die tyd is besig om uit te loop as jy nog Kersinkopies moet doen. Gelukkig vir inwoners en besoekers is daar onder meer twee markte waar hul mooi geskenke kan koop en ook bietjie kan ontspan
Die Outeniqua Kersmark in die saal van die NG Moedergemeente maak more, 22 Desember om 14:00 klaar en The Market @ Transnet Transport Museum maak eers 6 Januarie klaar. Beide is onderdak en die weer raak dit nie.
Die Outenqua Kersmark is al 'n instelling in George en vier vanjaar sy 28ste bestaansjaar. Gerda Stols is die groot dryfkrag agter die mark. Die mark het vanjaar sy deure op 8 Desember geopen. Dit is elke dag van 9:00 tot 17:30 oop behalwe vir moremiddag, 22 Desember, wanneer dit om 14:00 sluit.
Benewens die talle produkte is daar ook lewendige vermaak en besoekers kan ook iets eet en drink. Daar is lewende demomstrasies van kuns aktiwiteite.
Anneke Oosthuysen van die mark het Donderdag gesê dis die oudste binnenshuise Kersmark in George. Die grootste deel van die uitstallers is plaaslik. Besoekers is plaaslik en ook vakansiegangers. Daar was ook al buitelandse besoekers.
Pieter du Plessis van The Market at Transnet Transport Museum het gesê die mark het sy deure op 15 Desember geopen. Dis daagliks oop van 9:00 tot 18:00. Die mark is net Kersfees toe.
Mense kan ook kos en drinkgoed koop. Daar is onder meer 'n biertuin. Vandag van 12:00 tot 15:00 en Sondag dieselfde tyd is daar lewendige vermaak. Daar is ook vermaak vir kinders.
Uitstallers is van regoor die land. Die produkte is deur hulle self handgemaak.Volgens hom is dit sover so goed. Die eerste dag was daar byna 5000 besoekers.
The Market at Transnet Transport Museum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’