GEORGE NUUS - 'n Houtkruis ter nagedagtenis aan wyle Lucas Maree wat altyd by Victoriabaai gestaan het, kry 'n nuwe tuiste by die ou tolhuis. Die tolhuis, aan die voet van die Outenikuaberge, is een van George se mees geskiedkundige geboue.
Die toekoms van die kruis het ter sprake gekom toe Maree se gedenksteen onlangs by Victoriabaai verwyder is. Inwoners het in Desember besluit dat gepoog moet word om die askissies en gedenkstene te verwyder. Die kruis het naby die gedenksteen gestaan.
René Janse van Vuuren, wyle Maree se suster, het toe met die FAK ooreengekom dat die steen na die Voortrekkermonument in Pretoria geneem word. Dit sal op 18 Februarie onthul word by die FAK se liedjietuin by die monument.
Gerda Stols, voorsitter van die Vriende van die Tolhuis, is deur die FAK gevra om die skuif van die gedenksteen by Victoriabaai te hanteer. Sy is ook gevra om na die kruis te kyk en dit op 'n geleë plek te plaas.
Janse van Vuuren het 250 CD's van Maree geskenk wat verkoop gaan word ten bate van die tolhuis.
Stols het die plaatjie op die kruis aan die Maree-familie gestuur en die FAK sal later 'n gedenkplaat by die tolhuis onthul.
Inwoners van Victoriabaai het Dinsdag gesê hulle wag nog vir terugvoer van die George-munisipaliteit voor hulle oor verdere optrede oor die kissies en plaatjies kan besluit.
A small wooden cross in memory of the late Lucas Maree that had been erected at Victoria Bay, will get a new home at the Old Toll House at the foot of the Outeniqua Mountain. This comes after a memorial stone for Maree at Victoria Bay was removed recently.
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'