Update
GEORGE NUUS - Hy is vermoor. Só het 'n familielid van die 17-jarige Franklin Booysen vandeesweek aan die George Herald gesê.
Booysen se liggaam het op 20 November naby Dolphin's Point in die Kaaimansrivier uitgespoel na hy vier dae vroeër by die Thembalethu-polisie as vermis aangemeld is. Sy liggaam was reeds 'n geruime tyd in die water.
Franklin se suster, Geraldine Maswati (27), het die George Herald gekontak na aanleiding van 'n inskrywing op die koerant se Facebook-blad oor 'n lyk wat by Kaaimansrivier uitgespoel het.
Die koerant het die polisie in kennis gestel en die seun se ma, Susanna Maswati, gekontak.
Mev. Maswati is die volgende dag na die lykshuis om die lyk uit te ken, maar weens die gevorderde stadium van ontbinding is sy nie toegelaat om die lyk te besigtig nie.
Hy is die volgende dag, Woensdag 22 November, deur sy ma se bure uitgeken.
"Ons dink hulle het sy kop onder die water gedruk om te praat, soos wat hulle in die movies doen," het Maswati gesê.
"Die dag toe hy weggeraak het, was dit koud. Wie sou dan wou gaan swem? My ma is devastated. Hy was haar enigste seun en haar babatjie."
Volgens die kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, word daar in hierdie stadium geen misdaad vermoed nie.
'n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.
Volgens Maswati word Booysen Saterdag 2 Desember in Thembalethu ter ruste gelê.
*According to a relative of the 17-year-old Franklin Booysen, the family believes he was murdered. Booysen's body washed out near Dolphin's Point in the Kaaimans River on 20 November. He had been reported missing at the Thembalethu police four days earlier.
Lees verwante artikels:
• Drenkeling se identiteit bekend
• Lyk spoel uit in Kaaimans
• Lyk spoel uit by Kaaimans
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'