GEORGE NUUS - Die dood van 'n 14-jarige meisie in kraam het nie die nuus gehaal nie. Dit was bykans ongesiens.
As dit nie was vir 'n man wat toevallig op dieselfde tyd in die kraamafdeling van George-hospitaal was, en toevallig die jong swanger meisie in die verbygaan gesien het nie, was dit net nog 'n bliep op die radar van hartseer-statistiek.
Die 14-jarige het haar lewe verloor terwyl sy lewe aan haar baba geskenk het. Die pa van haar kind is 'n volwasse man van die omgewing. Wel, 'n buitelander.
Nie die oorledene se familie, of die pa van die pasgebore baba, het kans gesien om haar kind groot te maak nie. Die baba is tans deur die departement van maatskaplike ontwikkeling in 'n plek van veiligheid geplaas.
Die man wat in die verbygaan op Vrydag 25 April geraak is deur die oomblikke wat hy waargeneem het - die swanger tiener, die dood van die tiener, die vurige gesprekke tussen die familie en die pa - is so ontsteld oor die kwessie, en het met George Herald hieroor gesels.
"Ons meisies word gelok deur groot mans met geld," het hy tydens 'n gesprek gesê.
"Hulle dink dis 'n uitweg, maar dit is nie. Sy was nog so jonk, sy kon my kind gewees het. Sy was so tenger en fyn, sy was nog self 'n kind. Sy moes nie gesterf het nie.
"Ek hoop ander tieners kan hieruit leer en waaksaam wees."
Meegevoel en respek
In reaksie op navrae aan die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand, het Monique Johnstone, assistentdirekteur kommunikasie vir distriksgesondheidsdienste, hul meegevoel aan die familie betuig met die afsterwe van hul geliefde.
"Uit respek en privaatheid vir die familie kan verdere inligting nie bekendgemaak word nie," het Johnstone gesê.
"Ons gesondheidswerkers het met die familielede geskakel, berading aangebied en leiding gegee oor nog ondersteuning wat beskikbaar is.
"Ons moedig die familie aan om met ons gesondheidswerkers te praat indien hulle enige bekommernisse het, of verdere berading nodig het."
Johnstone het gesê hierdie is 'n betreurenswaardige situasie. Sy bevestig dat, binne die gesondheidsisteem, swanger tieners dieselfde regte en toegang tot verloskundige sorg as volwasse pasiënte het.
"Dieselfde beginsels as vir volwasse pasiënte geld, en die kraammetode wat die veiligste vir moeder en baba is, sal deur ons personeel aanbeveel word. Keisersnee is 'n chirurgiese prosedure wat 'n hoër risiko van morbiditeit en mortaliteit vir die moeder inhou in vergelyking met 'n natuurlike geboorte in die meeste omstandighede, insluitend tienerswangerskappe.
"Baie faktore, insluitend die algemene gesondheid van die pasiënt, word in ag geneem voordat die beste moontlike geboortemetode vir 'n jong pasiënt aanbeveel word."
Statutêre verkragting
Met George Herald se aanvanklike navraag kon die polisie geen klag van statutêre verkragting bevestig nie, dit was tot Dinsdag steeds die geval.
Woensdagoggend, 14 Mei, het sers. Chris Spies, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê na verdere ondersoek kon hulle vasstel dat daar wel 'n saak van statutêre verkragting in Januarie vanjaar by die Thembalethu-polisie geopen is. Die tienermeisie was toe 13 jaar oud.
Spies kon nie bevestig of daar toe enige arrestasie was nie, maar sê die polisie se eenheid van gesinsgeweld- en seksuele misdrywe (GKS) stel verdere ondersoek in rondom die omstandighede van die swangerskap.
George Herald kon ook nie met die familie van die oorledene of die pa van die baba kontak maak nie, want geen identiteit is bekendgemaak nie.
Alle pogings om hulle op te spoor was ook onsuksesvol.
Teenage pregnancy: A collaborative approach
The Western Cape Department of Social Development has provided very helpful commentary on the issue, through Monique Mortlock-Malgas, media liaison officer for Minister Jaco Londt.
"Teenage pregnancy is a multifaceted issue requiring a co-ordinated, multidisciplinary response," she said.
Here is a summary of her feedback on the matter: "In the Western Cape, the Department of Social Development [DSD], alongside funded non-profit organisations [NPOs], is tackling rising rates through prevention, early intervention and child protection system enhancements. Recognising that each teenage parent's circumstances differ, the government collaborates with civil society, development partners and communities to deliver impactful solutions."
The DSD and its partners provide services like risk assessments, counselling, psychosocial support and referrals for young and first-time mothers. Photo: Pexels
Programmes and counselling
The DSD and its partners provide services like risk assessments, counselling, psychosocial support and referrals for young and first-time mothers. Residents can access these at local DSD offices or via the toll-free number, 0800 220 250.
The Department of Health and Wellness offers antenatal and postnatal counselling upon request.
Community members and businesses are encouraged to support these initiatives by contacting NPOs directly or emailing dsdminister@westerncape.gov.za.
Innovative programmes include the Parent-Infant Intervention Home Visiting Programme, part of the First 1 000 Days initiative, which supports high-risk pregnant teens through the 16-session Thula Sana Programme to foster parent-infant bonding.
The Parenting Worx Programme equips young mothers with skills in healthy parenting, breastfeeding and early childhood development, while addressing mental health risks like depression and substance abuse.
The Perinatal Mental Health Project at the Hanover Park Midwife Obstetric Unit provides mental health screenings, counselling and awareness talks for pregnant teens, connecting them to additional support networks.
Recently, the provincial and national DSD hosted an intergenerational dialogue with teens, including young mothers, to discuss mental health, sexual and reproductive health, and empowerment. Social workers will provide aftercare, with plans to expand similar initiatives.
The Parenting Worx Programme equips young mothers with skills in healthy parenting, breastfeeding and early childhood development, while addressing mental health risks like depression and substance abuse. Photo: Pexels
What happens with the baby if the mother dies?
When the Western Cape Department of Social Development receives a report of a child in need of care, social workers from the department or a designated child protection organisation (DCPO) will do a safety risk assessment to determine if there are any relatives able to care for the child.
If there are no family members available, the child will be placed with a safety parent for at least 90 days until they go into the foster care system or a child and youth care centre via the children's court.
If a social worker finds the child to be adoptable, then one of the adoption DCPOs can start a process of adoption with parents who have gone through the necessary vetting and screening processes.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’