Gallery Video
GEORGE NUUS EN VIDEOS - Die Steve Hofmeyr-musiekkonsert wat Donderdagaand gehou is om geld vir 'n plaaslike skool in te samel, het toe na al die kontroversie met amper-kansellasie, heel stemmig en insidentvry afgeloop.
Geklee in 'n denimbroek en T-hemp het Steve dadelik weggeval en al sy gunsteling liedjies gesing met 'n video in die agtergrond wat hom in die glorie van sy jonkheid getoon het (in 'n uittreksel uit Agter elke Man).
Hy is spontaan toegejuig toe hy Gé Korsten se immergewilde Liefling gesing het.
Die beligting was so donker dat dit bykans onmoontlik was om enige uitdrukking op sy gesig te sien. Steve het die volgende dag tydens 'n onderhoud met die George Herald aangedui dat hy die gehoor geniet het en beslis weer sal terugkeer as hy genooi word.
In die voorste rye het Georgiete tjoepstil en aandagtig geluister.
Die organiseerders, wat nie die naam van hul skool bekendgemaak wil hê nie, was verlig toe die aand verder glad verloop het.
Van die betogers uit ANC-geledere wat protes teen die konsert wou aanteken was daar geen teken nie.
Kyk 'n video hieronder:
Vir meer omtrent Steve se siening oor minderhede se reg om hul opinies te mag kyk na die video-opname deur Wessel van Heerden:
Lees 'n verwante artikel: Talle skree vir en teen Hofmeyr
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'