GEORGE NEWS - Trourokke, tuisgemaakte sjokolade, heuning en kunshandwerk uit die boonste rakke het besoekers aan die Garden Route-winkelsentrum verlede naweek begroet.
Sowat 30 klein sakeondernemings van die distrik het die geleentheid gekry om hul ware in die loopgang van die winkelsentrum uit te stal.
FOTOGALERY: Entrepreneurs woeker deur Seda
Hierdie inisiatief deur die ontwikkelingsagentskap vir klein ondernemings (Seda) word 'n "Pop-Up-mark" genoem en het in venootskap met die departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme en die Garden Route-distriksmunisipaliteit plaas gevind.
Entrepreneurs het die hele naweek voordeel getrek uit al die voete wat deur die winkelsentrum gewandel het.Marlin Moodley en Helena dos Santos van die Mayan Chocolate Company in George by hul uitstalling van liplekker tuisgemaakte sjokolades.
Johanna Titus van Plettenbergbaai, met van haar tuisgebak.
Lees vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'