Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Eienaars van ondernemings regoor die Tuinroete wat op hulle eie stoom begin het, stal tans hul ware uit by Garden Route Mall.
Hierdie besighede is deur Seda (Small Enterprise Development Agency) genader, om deel te wees van die uitstalling.
Die tafels is duidelik gemerk met Seda se embleem en die besigheid se naam, en is deur die loopvlak van die hele winkelsentrum versprei.
Die uitstalling het vanoggend begin (10 Maart) en duur tot Sondag (13 Maart). Uitstallers volg die winkelure van die Garden Route Mall.
Zamo Entile van George met haar leerjuweliersware.
Marlin Moodley en Helena dos Santos van die Mayan Chocolate Company in George by hul uitstalling van liplekker tuisgemaakte sjokolades.
Johanna Titus van Plettenbergbaai, met van haar tuisgebak. Fotos: Michelle Pienaar
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'