Update
GEORGE NUUS - 'n Ondersoek na die vandalisme van Rosemoor-stadion en 'n beweerde rooftog sowat 'n maand gelede het nog geen vrugte afgewerp nie. Tydens die voorval op 21 Julie is skade van sowat R750 000 aan die stadion aangerig en 'n sekerheidswag is na bewering beroof.
Geen verdagtes is nog in verband met die voorvalle in hegtenis geneem nie.
Twee wagte van die seker-heidsmaatskappy Metro City Protection Services is na bewering deur ses mans, gewapen met messe en pangas, gedreig, waarna die een wag van sy selfoon en handradio beroof is. Niemand is in die voorval beseer nie.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die sekerheidswag eers die dag na die voorval 'n klag van roof by Conville-polisiestasie aanhangig gemaak.
"Die ander sekerheidswag is slegs 'n getuie in die saak en sy getuie verklaring sal bekom word," het Pojie gesê. "Met betrekking tot die skade wat in die saal aangerig is, is 'n klagte van diefstal en opsetlike saakbeskadiging vir verdere ondersoek geopen."
Enige persoon met inligting word versoek om sers. Johannes Nett of konst. Sinbongile Futho van die Conville-speurtak te kontak by 044 803 3302. Alle inligting word as vertroulik hanteer.
Police are still investigating an incident of vandalism at Rosemoor Stadium causing R750 000 worth of damage, as well as the alleged robbery of a security guard, on 21 July. Anyone with information is asked to contact Sgt Johannes Nett or Const Sinbongile Futho of the Conville Detective Branch on 044 803 3302.
Vorige arikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'