Gallery
GEORGE NUUS - Rosemoor se inwoners wil na slaangoed gryp nadat vandale, vermoedelik vanuit hul omgewing, erge skade aan die Rosemoor-sportstadion aangerig het.
Fotogalery: Vandale verwoes Rosemoor-stadion
Ruite is uitgeslaan, wasbakke is gebreek en krane is gesteel. Water het die hele perseel oorstroom.
Volgens een van die inwoners het die voorval vroeër die week plaasgevind. Op die Facebook-groep.
Rosemoor staan saam, spekuleer sommige dat kansvatters juis nou sou toeslaan nadat die muur om die stadion ineengestort het tydens die stormsterkwinde wat onlangs dwarsoor die Wes-Kaap gewoed het.
George-munisipaliteit se kommentaar oor die voorval word afgewag.
Foto: Facebook
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'