Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die Outeniqua-vervoermuseum het vir 'n paar dae verander in 'n wonderwêreld van dinosourusse.
Die uitstalling word gehou deur The Dino Expo, van Johannesburg, en toer tans deur die land.
Georgiete kon sedert verlede Saterdag (4 November) tot Maandag die uitstalling besoek.
Kommentaar op Facebook het egter ook teleurstelling uitgedruk.
Die uitstalling sou verlede Vrydag 3 November al oop wees in George.
Die uitstaldatum is egter op kort kennisgewing met 'n dag geskuif.
Diegene wat reeds kaartjies vir die Vrydag bespreek het kon dit omruil of hul geld terugkry.
Kyk 'n video hieronder.
Sommige is ook van mening dat die kaartjies baie duur was vir die gehalte van die uitstalling.
Nieteenstaande was die kinders gaande oor die prehistoriese gediertes.
Ruben Boltman (10) en sy maatjie Janco Fourie (10) verkyk hulle aan 'n Pachyrhinosaurus . Hierdie dinosaurus is familie van die Triceratops en is 'n plantvreter.
Die dinosourusse het die kleuters se verbeelding aangegryp met hul reuselywe, en pragtige kleure.
Kinders kon ook teen 'n stywe bedrag op sekere van die diere ry.
Meerah Matthews (10) en haar ma Rehana voor 'n Baryonyx.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'