GEORGE NUUSFLITS - Twee mense is lig beseer nadat die bestuurder van 'n motor beheer verloor het oor 'n voertuig op die Outeniquapas.
Die ongeluk het gister, Vrydag 7 September, in die namiddag plaasgevind.
In 'n tweede ongeluk vanoggend, 8 September, het die bestuurder van 'n Corsa-bakkie beheer oor die voertuig verloor en teen die kant van die berg vasgery. Die insittendes is ongedeerd.
Nooddienste was op die toneel in die gietende reën.
Motoriste word gemaan om versigtig in die pas te ry wanneer dit reën. Wees geduldig en moenie 'n kans vat om voertuie verby te steek indien dit nie veilig is nie.
Lees vorige artikels hier:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'