Update
GEORGE NUUS - Baron Calvert, hoof van New Dawn Park Primêr, het die George Herald laat weet dat die onderwysers nie die terrein verlaat het soos vroeër berig is nie.
Die skote het wel geklap en die onderwysers het toe hul motors na 'n ander deel van die terrein geskuif. Die onderwysers is by die skool en die situasie word gemonitor.
Salette Cloete berig dat noodpersoneel wat in die New Dawn Park-area woon, glo gister en weer vanoggend gekeer is om werk toe te gaan, asook baie ander inwoners.
Dit is volgens 'n brandweerman wat vertel dat hy, 'n polisiekaptein en verpleegsters verhoed is om deur die versperde gebiede uit Pacaltsdorp uit te beweeg.
Lees vorige artikels hier:
- New Dawn Park nou rustig
- Bande brand weer in Proteastraat
- Seaview vat blaaskans na protesaksie vanoggend
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'