Update
GEORGE NUUS - George se eerste burger, Melvin Naik, was laat vir 'n lekgotla wat verlede Vrydag by Pine Lodge gehou is, nadat die bande van beide sy voertuie stukkend gesteek is.
Die voertuie is by sy huis in Blanco gevandaliseer, terwyl albei motors binne die erf geparkeer was.
Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval wat tussen Donderdagaand, 22 Februarie en vroeg Vrydagoggend plaasgevind het nie.
"Toe my vrou Vrydagoggend wou ry, het sy agtergekom die bakkie se wiele is stukkend gesteek," het Naik aan die George Herald gesê.
Met nadere ondersoek het Naik agtergekom dat sy eie motor se agterste twee wiele ook beskadig is.
Of dit moedswillige kwaaddoeners was of iemand wat sy mes vir ons burgemeester in het, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie.
"Ons het nie die vaagste benul wie dit gedoen het nie," het hy gesê.
Die voorval is aan die polisie gerapporteer en 'n saak van opsetlike saakbeskadiging word ondersoek.
Inwoners word gewaarsku om liefs hul motors in motorhuise te parkeer indien moontlik.
Enigiemand met inligting rondom die voorval kan die ondersoekbeampte, sersant MJ Sweli by 044 803 4770 kontak, of Stop Misdaad by 08600 10111 skakel.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Bande aan beide burgemeester Melvin Naik se voertuie moes vervang word.
*Police are still looking for the culprit(s) who slashed the tyres of George Mayor Melvin Naik's two vehicles at his home in Blanco. The vandal(s) struck sometime between Thursday evening 22 February and early Friday morning. Both vehicles were parked inside the yard.
A case of malicious damage of property is being investigated.
Anyone with information can contact Sergeant MJ Sweli on 044 8034770 or Stop Crime on 08600 10111.
Read a previous article: Burgemeester se voertuie gevandaliseer
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'