GEORGE NUUS - Wanneer baie mense die einde van die maand begin dink aan vakansie hou, sal die nuwe raad van die Disabled Road Race Foundation (DRRF) dinge fyn dophou of daar al genoeg geld bewillig is om aanstaande jaar se Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) aan te bied.
Die nuwe raad is verlede Donderdag, 31 Oktober, gekies en een van sy eerste uitdagings is om te verseker dat daar genoeg geld is om aanstaande jaar voort te gaan. Minstens R1,6 miljoen word benodig.
Reëlings vir die geleentheid, wat na verwagting op 15 Februarie sal plaasvind, is reeds aan die gang.
Alewijn Dippenaar, uittredende voorsitter van die raad en die geleentheidsdirekteur vir die OCC 2020, het by navraag gesê tydens die organisasie se algemene jaarvergadering verlede Donderdag is die nuwe raad gekies.
Meer as 50 mense het by die vergadering opgedaag. "Ek was verheug in die groot getal mense wat opgedaag het."
Volgens hom sal die OCC 2020 beslis voortgaan as die nodige fondse in plek is.
Die nuwe raad van die DRRF
- Henry Hill: Voorsitter
- André Koen: Ondervoorsitter
- Godfrey Louw: Finansies en administrasie
- Johanna Pretorius: Skakeling sakegemeenskap
- Bruce Jackson: Batebestuur en logistiek
- Charleen Theron: Beamptes, vrywilligers en lidmaatskap
- Shaun Butler: Skakeling met atlete
- Niel Els: Bemarking en bewusmaking
- Alewijn Dippenaar: OCC geleentheidsdirekteur
The AGM of the Disabled Road Race Foundation (DRRF), which is responsible for organising the Outeniqua Wheelchair Challenge (OCC), took place last Thursday. A new board of directors was elected. The new chairperson is Henry Hill. The organisers for OCC 2020 must know by the end of November if there will be enough funds to stage the event on 15 February 2020.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'