Update
GEORGE NUUS - Die burgemeesterspos, sowel as die posisie vir ‘n proporsionele raadslid in die George-stadsraad mag vir eers nie gevul word nie.
So het die Kaapse Hooggeregshof vandag beslis oor ‘n versoek van die voormalige burgemeester, Melvin Naik, om ‘n interdik teen die DA se besluit om hom van sy lidmaatskap, en met implikasie sy posisie as raadslid en burgemeester, te stroop.
Die hofuitspraak lui dat die DA nie die posisies mag vul alvorens uitspraak oor ‘n saak tussen Mark Willemse, die voormalige burgemeester van Knysna, en die DA-party gemaak is nie. Volgens ‘n ingeligte stem Willemse se saak baie ooreen met die van Naik s’n. Willemse het ook die DA hof toe gesleep oor “onbillike” beindiging van sy lidmaatskap.
Naik se prokereur, Winston Jansen, het die hooggeregshof se bevel bevestig, maar het gesê dat hy nie op die stadium veel kan uitbrei nie, aangesien die saak sub judice is.
Intussen het Edmund Bussack, Belrina Cornelius en Dawid Willemse, die drie DA-raadslede wat hul party-lidmaatskap verlede week verloor het, regshulp ingewin om ook hul saak in die hof te beveg.
Bussack het bevestig dat hulle tans wag op terugvoer van hul regsverteenwoordigers. Die drie raadslede is hul lidmaatskap kwyt nadat hulle onlangs tydens ‘n stemmery oor die munisipale bestuurder se voorlopige skorsing, teen die DA-koukus besluit opgetree het en hul stemme vir die opposisie gegee het.
VORIGE ARTIKELS:
- Vacancy: Mayor of George
- Mayor Naik, if you please
- Municipal Manager and Director suspended
- More probes into 'war on waste'
- George council meeting in full swing
- DA suspends George mayor
- 'Prepare for a bombshell'
- DA caucus votes Naik must go
- DA accused of selective action after gunning for Mayor
- 'Dirty' money in war on waste
- DA lays criminal charges against Mayor, senior officials
- DA wants to suspend mayor following damning report
'We bring you the latest George, Garden Route news'