Update
GEORGE NUUS - Die man wat aangekla word van die moord op Peter-John Meintjies (19) is Dinsdag 2 Februarie in die George-landdroshof borgtog geweier.
Mauro Barends (21) word daarvan verdink dat hy op Kersdag verlede jaar vir Meintjies vermoor het. Hy het ook reeds 'n hangende saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer, teen hom.
Volgens Suid-Kaap polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, spruit dié klagte uit 'n vorige voorval waarin hy glo 'n 12-jarige seun wat van die skool af onderweg na sy huis was, met 'n skerp voorwerp gesteek het.
Barends is in hegtenis geneem kort ná die aanval op Meintjies plaasgevind het en sal weer op 8 April in die hof verskyn.
Meintjies se broer, Denvor, sê sy broer was op pad huis toe na hy by ‘n vriend gaan kuier het, toe die beweerde aanval plaasgevind het. Hy het kort daarna in die hospitaal aan sy wonde beswyk.
Mauro Barends (21), a murder suspect from Rosedale, was denied bail in the George Magistrate's court on Tuesday 2 February. Barends stands accused of murdering Peter-John Meintjies (19) on Christmas Day. Meintjies was rushed to hospital after the alleged attack but died due to the severity of his injuries.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'