Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Plakkers van Moeggehuur het vroeg vanoggend reeds begin om vullis te brand in Proteastraat in New Dawn Park.
Polisie en die brandweer is op die toneel.
Die inwoners is deur die vorige minister van behuising, Bongikozi Madikizela, tydens sy laaste besoek beloof dat hulle toilette sou kry.
Plakkers by Moeggeploeg plakkerskamp in Seaview het reeds n maand gelede spoeltoilette ontvang. Jan van der Merwe, een van die inwoners van Moeggehuur in New Dawn Park, het gesê hulle word egter geignoreer.
"Ons vullis word nie verwyder nie, ons plek is nie belig nie, ons het geen toilette nie. Ons woonplek is onveilig."
Kyk 'n video hieronder:
Vroue beweer hulle kry voortdurend infeksies met die huidige emmerstelsel.
Inwoners is steeds baie kwaad vir hul raadslid, Cecil Noble, voor wie se huis hulle gisteraand emmers vol rou riool gepak het.
Ofskoon die saak gisteraand ontlont is, is inwoners se gemoedere steeds hoog.
Inwoners is steeds baie kwaad vir hul raadslid, Cecil Noble, voor wie se huis hulle gisteraand emmers vol rou riool gepak het.
Volgens Dalene Valentine, voorsitter van die Moeggehuur kommittee, wil hulle nie raadslede vandag hier hê nie, maar parlementslede.
Die parlement het vanoggend 'n sitting in George.
Valentine wys daarop dat plakkers in Sone 6 in Thembalethu wat ook op provinsiale grond plak binne twee weke dienste ontvang het.
"Die munisipaliteit help hulle want hulle is bang inwoners maak die dorp onregeerbaar. Nou soek ons ook hulle aandag."
Lees vorige artikels hier:
- Opvolg: Inwoners met emmers riool vra toilette
- Inwoners met emmers riool vra toilette
- Spoeltoilette vir moeës
- Moeës kan nog ploeg terwyl hulle wag vir Landdros
- Minister vra naamlys
- Plakkers opponeer uitsettingsbevel
- Moeggeploegers staan uitsetting teen
- Nog protesaksie in Proteastraat
- Update: Protests in George
- Grondbesetters bid vir hulp van Bo
- Onderwysers het nié gevlug
- New Dawn Park nou rustig
- Bande brand weer in Proteastraat
- Seaview vat blaaskans na protesaksie vanoggend
- Illegal squatters block Beach Road
- Tyres set alight in Pacaltsdorp
- Polisie onttrek van toneel in Bluegumstraat
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'