GEORGE NUUS - 'n 43-jarige man van Le Vallia is in hegtenis geneem na 'n 17-jarige meisie, Sondag 24 September 'n saak van seksuele aanranding teen hom gemaak het.
Sy beweer dat die man, 'n familielid, haar sedert 2015 betas en seksuele aanmerkings gemaak het.
Kort na die klag gelê is, is die man in hegtenis geneem.
Hy het Dinsdag in die George-landdroshof verskyn en is op waarskuwing vrygelaat.
Hy verskyn weer op 29 November in die hof.
Vroeër dié maand het 'n 29-jarige vrou ook 'n saak van verkragting teen dieselfde verdagte aanhangig gemaak.
Hy is dieselfde dag in hegtenis geneem en is op borgtog van R500 vrygelaat.
Die twee sake teen die verdagte sal saamgevoeg word.
* A 43-year-old man from Le Vallia was arrested last Sunday for the second time this month on sex-related charges. In the latest incident a 17-year-old girl, who is related to the suspect, laid charges of sexual assault against him.
'We bring you the latest George, Garden Route news'