Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Die gedenksteen van wyle Lucas Maree is vanmiddag by Victoriabaai verwyder.
Maree se suster het gehoor van 'n besluit van inwoners dat gepoog moet word om die gedenkstene en kissies te verwyder.
Die FAK het sy suster gekontak en wou hoor of hulle die steen na 'n terrein by die Voortrekkermonument in Pretoria kan neem. Sy het ingestem.
Hier is Nico Coetsee besig om die steen los te maak van die rotse:
Gerda Stols wat deur die FAK gevra is om die verwydering van die gedenksteen van wyle Lucas Maree by Victoriabaai te hanteer, vertel meer:
Die plek by Victoriabaai waar die gedenksteen vir wyle Lucas Maree gestaan het, is nou leeg. Foto: Eugene Gunning
Lees vorige artikels:
- Lucas Maree se steen skuif Pretoria toe
- Wye reaksie oor planne by Vicbaai
- Vicbaai se kissies moet waai
- Vrae oor as in kissies by Victoriabaai
* VIDEO'S: EUGENE GUNNING
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'