GEORGE NUUS - Die gemeenskap van Rosedale het vanaand ‘n gedenkdiens vir Leonie Williams (29) van Conville gehou. Williams is verlede naweek wreed vermoor, vermoedelik deur haar ekskêrel, Elton Veldman (46). Sy en hul seun (6) het vir die naweek by hom in die Rosedale informele nedersetting gekuier.
Die diens is gehou op die plek waar Veldman se woning gestaan het.
Melinda Louw, Leonie se niggie, sê hulle as familie is dankbaar vir die gemeenskap se ondersteuning.
"Die gemeenskap het regtig opgestaan vir Leonie en gewys genoeg is genoeg toe die hok waar Elton Veldman gewoon het, afgebreek is," het Louw gesê.
Volgens Louw wil die vroue van Rosedale graag ‘n ondersteuningsgroep vir mishandelde vroue stig.
Sy sê daar is te veel vroue wie mishandel word en nie die nodige ondersteuning kry nie. "Vroue moet in meer gevalle uitpraat oor sulke dinge, miskien sal dit ‘n verskil maak in die volgende vrou se lewe."
Williams se begrafnis is môreoggend om 10:00 uit haar ouerhuis in Mentzstraat, Conville.
Die gemeenskap hou 'n biduur op die leë erf waar Elton Veldman se woning was.
Die gedenkdiens brief van Leonie Williams wie laas week Vrydag vermoor is.
Vorige artikels:
- Jong ma voor kind vermoor
- Man accused of murdering pregnant ex-girlfriend
- Protest against bail of murder suspect
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'