Update
GEORGE NUUS - Anebel Botes (6) is een van die finaliste in Toddler and Tween of the World 2019.
Sy het van 26 tot 28 September aan die kompetisie deelgeneem en haar kategorie vir Wes-Kaap gewen. Sy was ook die 4de Platinum-wenner. Hier het sy haar streek sowel as haar dorp, George, verteenwoordig.
Chantell Botes, Anebel se ma, sê hulle het egter borge nodig om verder te gaan. “Enigiemand of besigheid kan ons borg, dit maak nie saak hoe groot of klein nie. Elke bietjie sal help.”
Anebel gaan op 7 Desember aan Little Princess of South Africa in Kaapstad deelneem.
Hulle wil so graag haar droom laat waar word. “Ons neem intussen deel aan ‘n paar kompetisies vir oefening. Anebel het ook aangesluit by ACE Models George vir ekstra hulp. Judy Westraat is haar afrigter, en wat ‘n journey is dit al sover.”
Volgens Chantell het die skoonheidskompetisie-gogga Anebel gebyt toe sy verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem het. Anebel het toe aan Tiny Miss Eden SA deelgeneem en gewen. Daarna het sy in Johannesburg deelgeneem en Overall Fairy of Charm gewen.
Sy het onlangs Best Dress en 1ste Prinses gewen in Miss Hollywood.
Lees 'n vorige artikel: Anebel droom groot drome
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'