GEORGE NUUS - Anebel Botes (6) van George is een van die finaliste in Toddler and Tween of the World 2019. Sy gaan die streek, sowel as George, in September in die kompetisie verteenwoordig.
Anebel se ma, Chantell Botes, sê die skoonheidskompetisie-gogga het Anebel gebyt toe sy verlede jaar vir die eerste keer deelgeneem het en Tiny Miss Eden SA gewen het.
"Daarna het sy in Johannesburg deelgeneem en Overall Fairy of Charm gewen. Sy was onlangs ook eerste prinses in Miss Hollywood."
Botes sê hulle wil so graag haar droom laat waar word. "Ons neem solank deel aan 'n paar kompetisies vir oefening en Anebel het ook aangesluit by 'n modelagentskap in George vir ekstra hulp met Judy Westraat as haar afrigter."
Toddler and Tween of the World word tussen 26 en 28 September in Klerksdorp gehou.
"Dis nogal 'n duur stokperdjie," sê Botes. Die kompetisie het 'n Unicorn-tema en Botes sê Anebel gaan dit baie geniet omdat sy mal oor perde en die eenhorings is.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinorete nuus'