Update
GEORGE NEWS - Oud-raadslid Henry Jones se borgtog is toegestaan, maar met streng voorwaardes.
Hy is onder huisarres en mag slegs die hospitaal, die hof en sy nuwe regsverteenwoordiger besoek.
Jones het Maandag versuim om vir 'n hofsitting te verskyn. Hierdie aksie het sy borgtog in gedrang gebring. Sy vorige prokureur het gister van die saak onttrek, en Jones is vandag deur 'n prokureur van die regshulpraad bygestaan.
Hy het intussen besluit om ook van hul hulp gebruik te maak vir die verdediging van sy bedrogsaak.
Die saak is uitgestel tot 29 November om sy regsverteenwoordiger kans te gee om voor te berei.
Jones word daarvan beskuldig dat hy in sy termyn as portfeuljeraadslid van die George-raad bedrog gepleeg het, deur die onwettige verkoop van HOP-huise.
Lees 'n vorige artikel: Jones dalk borgtog kwyt
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'