GEORGE NUUS - Die beplande aanbieding van die Outeniqua-rolstoelwedren (OCC) op 15 Februarie aanstaande jaar, het 'n groot hupstoot gekry. Die OCC het die gesogte Western Cape Premier's Office Pitching-kompetisie gewen.
Benewens pryse, wat R50 000 kontant insluit, word daar gehoop dat die toekenning borge sal aanmoedig om betrokke te raak by aanstaande jaar se geleentheid.
Alewijn Dippenaar, hooforganiseerder van vanjaar se geleentheid en die geleentheidsdirekteur vir die OCC 2020, en Alwyn Uys, 'n gestremde atleet wat vanjaar deelgeneem het, het verlede Donderdag, 14 November, 'n voorlegging aan die keurpaneel in die Paarl gemaak. Daar was vyf finaliste en die OCC het gewen.
Tydens die geleentheid in die Paarl het Dippenaar onder meer 'n oorsig gegee van die OOC geskiedenis. Hy het ook meer vertel van die Disabled Road Race Foundation (DRRF) onder wie se vaandel die OCC aangebied word en hoe dit gebeur het dat die geleentheid vanjaar byna nie plaasgevind het nie.
Dippenaar het Maandag aan die George Herald gesê dis ongelooflik dat die toekenning aan die OCC gemaak is. Dit is die eerste keer dat 'n geleentheid, wat spesifiek kyk na gestremde atlete, dit ontvang het.
Volgens hom hoop die organiseerders om die prysgeld vir die 2020 geleentheid te verdriedubbel na R300 000. As dit gebeur, sal dit help om internasionaal gehalte atlete te lok en die profiel van die geleentheid aansienlik te verhoog.
Daar moet in gedagte gehou word dat die geleentheid elke jaar gestremde atlete van al nege provinsies, ander dele van Afrika en die buiteland lok. Duisende mense besoek George tydens die geleentheid en dit het 'n beduidende ekonomiese impak in die streek. Dit word geraam op R3 miljoen.
Dippenaar het egter benadruk dit is geen uitgemaakte saak dat die 2020 geleentheid weer sal plaasvind nie. Op die oomblik word onderhandel met moontlike borge. Sowat R1,6 miljoen is nodig om aanstaande jaar se geleentheid aan te bied.
Die organiseerders wil teen die einde van November weet of die nodige geld in plek is. Dan kan besluit word of aanstaande jaar se OCC voortgaan al dan nie.
The Outeniqua Cycle Challenge (OCC) has won the 2019 Western Cape Premier’s Office Event Pitching Competition. The prize includes a R50 000 cash sponsorship as well as a R50 000 media contract with Cape Town Magazine.com. The pitching event was, on 14 November.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'