Update
GEORGE NUUS - ‘n Groot groep inwoners van New Dawn Park, waaronder ‘n paar onwettige grondbesetters, het vanoggend na die George-landdroshof geloop om ‘n uitsettingsbevel teen te staan.
Intussen moes die polisie en die brandweer bontstaan toe betogers vroegoggend bande in Beachweg aan die brand gesteek het. Volgens Dalene Valentine, ‘n onwettige grondbesetter in New Dawn Park, hou hul optog na die landdroshof nie met die betoging verband nie.
Die groep is tans by die hof waar hulle die wettigheid van die uitsettingsbevel toets.
“Ons staan die interdik teen,” het Virgill Gericke, PBI-raadslid gesê. “Hulle het die verkeerde hofbevel gebring.” Die PBI ondersteun die saak.
Stefan Kleynhans is die prokereur wat die saak hanteer. Volgens Gericke is die saak baie belangrik in terme van die roomiere (anti-grondbesettingseenheid) se betrokkenheid.
Gericke het gesê hy dra geen kennis van die betoging in Beachweg vroegoggend nie.
Lees vorige artikels hier:
- Update: Protesters still waiting for Mayor
- Update: Motorists to avoid York Street
- Update: Marchers at Municipality
- March in support of backyard dwellers
- Landless see red
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'