GEORGE NUUS - Die Blanco-gemeenskaps-forum het verlede Vrydag vergader om hul werk-saamhede te bespreek. Wyksraadslid Jean Safers, raadslid Gert Niehaus en onderburgemeester Raybin Figland het die geleentheid bygewoon.
"Die doel van die vergadering was om aan besighede in die gemeenskap te verduidelik hoe hulle by ons werksaamhede kan baat en andersom," het Deirdré Fernandez, kommunikasiebeampte, gesê.
"Die forum het verlede jaar kospakkies aan die gemeenskap uitgedeel en heelwat gesinne van krag voorsien. Ons het onder meer donasies van plaasboere en die Engin-vulstasie ontvang."
Die forum het verlede jaar as 'n nie-winsgewende organisasie geregistreer, maar is reeds sedert 2016 werksaam. Verteenwoordigers van die departement van onderwys, die polisie, Blanco-buurtwag, Sassa, die munisipale sportafdeling, Bethesda en verskeie kerke, waaronder die Fatherhood of Blanco, behoort aan die forum.
Biskop Donald Harker dien as voorsitter, met Franklin Harris as ondervoorsitter. Johannes Williams is die sekretaris en Deirdré Fernandez hanteer die kommunikasie.
Vir meer inligting stuur 'n e-pos na blanco.communityf@gmail.com.
Blanco-gemeenskapsforum het verlede Vrydag by Laerskool Kretzenshoop vergader.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'