Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die aanval op 'n ER24-ambulans verlede Saterdag, 14 Maart, kon die lewe van 'n twee maande oue dogtertjie gekos het.
Die ER24-takbestuurder van die Suid-Kaap, Charl Pretorius, sê hulle sal voortaan geen dienste in twee dele van Blanco (Golden Valley en Die Skeem) sonder polisiebegeleiding, lewer nie.
"Indien daar 'n noodgeval is, en polisie is nie beskikbaar nie, sal geen van ons ambulanse in dié twee gebiede beweeg nie," sê hy.
Die besluit spruit uit 'n voorval waarin een van hulle ambulanse, wat op pad was na 'n noodgeval, aangeval is.
"Ons lede was onderweg na 'n mediese noodgeval waar 'n twee maande oue babatjie asemhalingsprobleme gehad het. Omstreeks 23:30 is ons voertuig in Fortuinstraat deur 'n groep oproeriges voorgekeer en omsingel.
Kyk 'n video hieronder
"Toe die bestuurder agteruit wou ry het hulle die ambulans met klippe bestook en teen hom geslaan," het hy gesê.
Die bestuurder van die ambulans kon daarin slaag om ongedeerd van die toneel af weg te ry en kon uiteindelik die baba veilig by die hospitaal kry. Die saak is by die polisie aangemeld.
Verwante artikel: Ambulans in Blanco aangeval
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'