Update
GEORGE NUUS - Johan du Preez, ‘n hawelose man wat Sondagmiddag ingestem het dat sy hond, Fix, tydens die inperkingstyd by die Tuinroete DBV bly, wil nou sy hond terughê.
Du Preez kon aanvanklik nie by 'n skuiling gaan woon nie omdat hy Fix nie daarheen kon neem nie. Die DBV het toe Sondag goedgunstiglik ingestem dat die hond by hulle kan bly tot na die inperkingstyd.
‘n Ongelukkige Du Preez was Maandagoggend voor die DBV-hekke en wou sy hond terughê. Hy het aangevoer dat hy nie Sondagaand by ‘n skuiling geholpe kon raak nie.
Tuinroete DBV se bestuurder, Salomé Bruyns, het by navraag gesê Fix bly vir eers by die DBV. Hy, sal nadat die inperkingstyd verby is, weer aan Du Preez teruggegee word. Du Preez moet nou by ‘n skuiling of ‘n soortgelyke plek wees. Deur dit nie te doen nie, verbreek hy die wet. Volgens haar gaan dit goed met Fix by die DBV.
Daar is betroubaar verneem dat pogings steeds aangewend word om huisvesting vir hom en ander mense in ‘n soortgelyke posisie by die Rosemoor-sportstadion te kry.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'