Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Darren Fortuin, ‘n graad 11 leerder van Hoërskool Outeniqua en begaafde rugbyspeler, se kanse om oorsee te gaan rugby speel, het al tienvoud verbeter na ‘n paar plaaslike sake ondernemings hom ondersteun het.
Basil Myners, van BM Skills Development, het ander sake eienaars uitgedaag om sy R1000 te verbeter of te ewenaar. Myners het sy uitdaging op Facebook gesit, en ‘n hele paar klein besighede soos Elton Olivier van Victoria Driving School, Ralph Robertson eienaar van KR Slagtery, Granville Munro eienaar van Munro Photography en Willie-John van Niekerk van Volksmaster het na die tafel gekom.
Sherine Fortuin, Darren se ma, sê hulle moes R17 000 voor komende Sondag hê, of Darren sou sy kans verbeur om saam met sy span oorsee te gaan.
“Ons het intussen uitstel tot Dinsdag gekry, en met almal se hulp sover, het die gaping al kleiner geraak. Sy vertel Darren is met ‘n rugbybal in die hand gebore. “Hy kon nooit stilsit op skool nie, en die juffrou het hom op ‘n rugbybal laat sit. Dit het gehelp dat hy kon konsentreer,” vertel sy.
Sy sê hulle waardeer alle hulp wat hulle die afgelope tyd gekry het. “Ons het ‘n hoenderbraai gehou, en sou net 100 kaartjies verkoop, maar het toe meer as 200 verkoop. Ons is ook dankbaar vir Millies in Blanco wat nog elke keer met ons worsrolletjie verkope, alles gratis gegee het.”
Sy sê daar is ook ‘n houer in die winkel waar enigiemand tussen vandag en more hul donasies kan ingooi.
Kyk 'n video hieronder:
Darren het ‘n baie helder toekoms in rugby, en kan net hoër hoogtes bereik met die ondersteuning van almal wat in sy talent glo.
Kontak Sherine by 078 4503 601 as jy nog ‘n bydrae wil maak.
Lees 'n vorige artikel: Jong rugby speler soek ondersteuning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'