GEORGE NUUSFLITS - Twee van George-burgemeester, Melvin Naik, se voertuie is tussen Donderdagaand, 22 Februarie en vroeg Vrydagoggend by sy woning in Blanco gevandaliseer.
Albei voertuie was in erf geparkeer.
"Toe my vrou Vrydagoggend wou ry, het sy agtergekom die bakkie se wiele is stukkend gesteek," het hy aan die George Herald gesê.
Met nadere ondersoek het Naik agtergekom dat sy eie motor se agterste twee wiele ook beskadig was.
"Ons het nie die vaagste benul wie dit kon gedoen het nie," het hy gesê.
Die voorval is aan die polisie gerapporteer.
Albei voertuie was in erf geparkeer.
Lees meer hieroor in Donderdag se George Herald as ook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'