GEORGE NUUS - Oewerstraat se Kersliggies lok vanjaar weer talle inwoners wat na aandete 'n draai ry na Denneoord se bekende straat.
Dit is ongelooflik om die kleingoed se gesiggies dop te hou terwyl hulle onder die vlaggies huppel na die volgende huis vol liggies.
Die Kersvadertema is weereens gewild, en interaktiewe borde wat besoekers die kans gun om vir foto's te poseer is 'n nuwigheid wat baie aandag trek.
Vir diegene met klein kindertjies is dit ideaal om voor donker al 'n draai te maak, maar tieners verkies die raaisels van die nag.
Die liggies sal elke aand tot Vrydag 2 Januarie van 19:00 tot 23:00 skyn.
Datums vir spesiale geleenthede:
15 Desember - Steelwings Harley Club besoek Oewerstraat ten bate van dierewelsyn.
16 Desember - Ontmoet Kersvader en die Grinch.
19 Desember - Die hoogtepunt van die seisoen: trek 'n dierekostuum aan en ontmoet weer vir Kersvader.
20 - 23 Desember - Kersvader en die Grinch is weer in Oewerstraat.
Emily-Rose September (6) en haar tannie, Nadia Jasson, groet as Kersvader en sy elf.
Die Manchest-familie: Callen (2) saam met sy ma, Taryn (links), en grootouers, Peter en Siena.
Zekiel (1) en Levona Buys.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’