Video
GEORGE NUUS EN VIDEO'S - Daar het groot opgewondenheid by Hoërskool Outeniqua geheers tydens vandag se aankondiging van die 2025-matriekuitslae.
Skoolhoof Christo Vorster het sy dankbaarheid uitgespreek en met trots aangekondig dat die skool die jaar met 357 matrikulante begin het.
Een leerder het weens ’n sterfgeval in die familie en drie leerders weens siekte van die eindeksamen onttrek.
Video: Marguerite van Ginkel, George Herald
VIDEO: Ons gesels hier met Marnu van Sandwyk, wat as die topleerder van Hoërskool Outeniqua aangewys is. Hy het ’n indrukwekkende gemiddeld van 93,42 persent behaal en sewe onderskeidings ontvang.


VIDEO'S: Marguerite van Ginkel
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’