GEORGE NUUS - Kleuters van die Hoekwil-skooltjie Sinombulelo het eerstehands kennis gemaak met die produsente van suurstof toe hulle verlede week gehelp het om vier bome op die skoolterrein te plant.
Sinombulelo word onder die vaandel van die geregistreerde nie-winsgewende organisasie, die Sewe Passe-inisiatief, bedryf.
Sewe Passe se programbestuurder, Roslynn Damons, is baie dankbaar vir hierdie skoolprojek wat deur ZUK Handcrafted gefasiliteer is. Zurica Lindeque van ZUK het opgewonde vertel dat dit alles daaroor gaan om letterlik en figuurlik hoop te plant.
Saam met onderwysers en leerders van Sinombulelo het die ZUK-span vier simboliese bome geplant wat hoop, groei, eenheid en 'n groener toekoms verteenwoordig. Die inisiatief is geïnspireer deur Nelson Mandela se bekende woorde: "Dit lyk altyd onmoontlik totdat dit klaar is."
"Die mikpunt is om kinders te leer dat hoop iets is wat jy met sorg en liefde kan plant, koester en laat groei," het Lindeque gesê. ZUK Handcrafted skenk 20% van sy wins aan boomplantprojekte regoor Suid-Afrika.
 Sinombulelo, 'n kleuterskool in Hoekwil, het ongeveer 45 leerders. Die kinders het gehelp om vier bome by die skool te plant.
Sinombulelo, 'n kleuterskool in Hoekwil, het ongeveer 45 leerders. Die kinders het gehelp om vier bome by die skool te plant.
Damons is vreeslik in haar skik met die boomplant-inisiatief. Sy verduidelik dat die natuur belangrik is wanneer 'n mens jong kinders opvoed. "Toe ons op skool was, het ons altyd Boomplantdag gehad," vertel sy.
"Net om die kinders betrokke te kry - dat hulle die grond voel en leer om vir 'n boom te sorg - is ongelooflik waardevol. Dit leer hulle respek vir die natuur en wys hoe alles verbind is.
"Dink net: wat alles kom van bome af? Dit gee vir ons suurstof en lewe. Vir ons as kleuterskool was hierdie ervaring werklik besonders. Die simboliek is ook so ryk - voor jy 'n boom plant, moet die grond eers reg wees. Dis 'n mooi les vir die lewe."
Sinombulelo het ongeveer 45 leerders (Engels, Afrikaans en isiXhosa) en benodig onder-steuning in die vorm van leermateriaal, storieboeke en skryfbehoeftes.
Vir meer inligting of donasies kontak Damons by 073 706 5580.
 Die kinders het gehelp om die bome te plant.
Die kinders het gehelp om die bome te plant.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’
 
                 
                     
                     
                    
                    
                    
                    
                    
                 
                             
                         
                         
                 
                 
                 
                 
                 
                 
                                     
                                     
                                     
                                     
                                 
                                         
                                         
                                         
                                         
                                     
                                     
                                     
                 
                         
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                 
                                