Video
GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het vroeër vanaand, Vrydag 31 Oktober, ’n groot mylpaal gevier toe die skool die bou van ’n moderne, multifunksionele eeufeessentrum aangekondig het deur amptelik die grond te breek.
Die sentrum, wat voorsiening sal maak vir sowat 2 000 sitplekke, sal nie net die skool se sport-, kultuur- en sosiale aktiwiteite akkommodeer nie, maar ook tot voordeel van die breër George-gemeenskap wees.
Volgens skoolhoof Christo Vorster het die behoefte aan ’n groot saal al lank bestaan, aangesien die huidige fasiliteite nie al die leerlinge gelyk kan huisves nie.
“Ons droom is om elke leerling in een ruimte te kan saambring,” het hy gesê.
Die Eeufeesentrum, wat op die terrein van die huidige netbalbane opgerig sal word, sal ook as sport-, kultuur- en konferensielokaal dien.
Die projek word hoofsaaklik deur die skool, oudleerlinge en die privaatsektor gefinansier.
KYK: Die grond word amptelik gebreek vir die eeufeessentrum waaraan daar in Januarie 2026 begin bou word.
Kontakbesonderhede om betrokke te raak:
Marna van Zyl 082 923 1711 / eeufeessentrum@outeniqua.co.za
Kwagga Eeufeessentrum prospektus
Kyk 'n video hier: http://www.outeniqua.co.za/eeufees/#video
'n Voorstelling van hoe die sentrum gaan lyk.
Skoolhoof Christo Vorster (middel) saam met sy vrou Karin en oud-onderhoof en -onderwyser, Chris Hattingh, by Vrydagaand se geleentheid. Foto: Kristy Kolberg‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’