Update
GEORGE NUUS - Die 57-jarige Edwin William Trantraal van Pacaltsdorp, het op Donderdag 13 Februarie verdrink na hy op die rotse by Gwaiingriviermond gegly en in die see beland het.
Hy en 'n vriend was op 'n visvang-uitstappie en die vriend moes ver hardloop voor hy om 17:00 'n selfoonsein kon kry om hulp te ontbied.
Die polisie se duikeenheid asook die NSRI is na die toneel, maar kon Donderdag niks vind nie.
Trantraal se liggaam is Vrydagoggend deur 'n reddingshelikopter uit die see gehaal nadat brandweermanne dit in die see sien dryf het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, was Trantraal se liggaam in visvangnette en -toue verstrengel en moes duikers dit bevry.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'