Update
GEORGE NUUS - Bemarkers van Vox Telecom het vanoggend, Woensdagoggend 4 Maart weer aan die werk gespring met 'n openbare bemarkingsinisiatief nadat 'n vorige poging deur die George-munisipaliteit gestop is omdat die maatskappy nie vooraf toestemming en 'n permit bekom het nie.
"Die span was baie opgewonde om weer aan die werk te spring, hierdie keer met die vereiste permit," het Megan Capoto, handelsmerkspesialis vir Vox Telecom aan George Herald gesê.
Hulle was vroegoggend al op die hoek van York- en Courtenaystraat.
Op een van die bemarkingsplakkate wat rondgeswaai is, was die boodskap duidelik: "Ons is terug!". Georgiete is ook op die plakkaat bedank vir hul ondersteuning.
Dit is na aanleiding van 'n stroom positiewe boodskappe op Facebook wat gevolg het nadat die koerant oor die summiere staking van hul eerste bemarkingspoging berig het.
Een Facebooklid het opgemerk dat geen publisiteit slegte publisiteit is nie, en in hierdie geval het Vox Telecom eerder goed as sleg gedoen.
Verwante artikel: Street advertising hits dead end
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'