GEORGE NUUS - Die polisie is steeds op soek na vier verdagtes ná 'n gewapende roof by die Hallelujah-spazawinkel in Parkdene op Woensdag 19 September.
Volgens Conville-polisie se stasiebevelvoerder, kolonel AB Kriga, het vier mans, almal tussen die ouderdom 18 en 25, die winkel met 'n lang mes en vuurwapen wat as 'n 9 mm-pistool beskryf is, binnegegaan.
"Die winkelassistent is met die vuurwapen gedreig, vasgebind, aangerand en beroof. Nog 'n persoon wat ten tye van die roof in die winkel was, is ook met die vuurwapen geslaan. Geen skote is afgevuur nie," sê Kriga. Die verdagtes, almal met musse (beanies) aan, het te voet in die rigting van Thembalethu gevlug.
Hulle het 'n twee selfone, R1 500 kontant en sigarette gebuit. Teen druktyd het die George Herald geen nuwe inligting rondom die voorval ontvang nie.
* Police are still looking for four suspects after an armed robbery at the Hallelujah spaza shop in Parkdene last Wednesday, 19 September. According to Conville police station commander, Colonel AB Kriga, four men between the ages of 18 and 25 entered the shop with a long knife and firearm described as a 9mm gun. They robbed the shop of R1 500, cigarettes and two cellphones. |
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'