Update Video
GEORGE NUUS EN VIDEO - Die George-munisipaliteit en belanghebbendes van die George-kunsteteater sit koppe bymekaar om seker te maak die teater se deure bly oop. Dit gons behoorlik sedert bekend geword het dat die teater dalk sy deure sal moet sluit.
Weens die Covid-19-inperkingsmaatreëls is daar laas in Maart openbare vertonings gehou en is die teater nou onder groot finansiële druk.
Op Vrydagaand, 4 September, het belanghebbendes en die stadsraad vergader om oor die pad vorentoe te praat, het Dirk Wessels, burgemeesterskomiteelid vir finansies en strategiese dienste van die stadsraad en Bernie Schaap, bestuurder van die teater, bevestig.
Elektrisiteit
Die verwarring wat ontstaan het oor die "afsny" van die teater se elektrisiteit is intussen ook opgeklaar. Kort nadat die eerste berigte oor die teater se probleme verskyn het, het Wessels ondersoek ingestel na die "afsny" van die elektrisiteit. Hy het vasgestel dat dit as gevolg van 'n kabelprobleem was. Dit is intussen reggestel. Die regte elektrisiteitslesing is ook gedoen.
Dirk Wessels, (links) burgemeesterskomiteelid vir finansies en strategiese dienste van die George-stadsraad en Bernie Schaap, bestuurder van die George-kunsteteater. Foto's: Eugene Gunning
Volgens Wessels wil die munisipaliteit hê besigheid moet aangaan. "Ons moet die plaaslike ekonomie help groei. Uit 'n strategiese oogpunt is dit belangrik dat kunste- en sportgeleenthede so vinnig moontlik teruggebring word. Die mense daarby betrokke is die mense wat in George se restaurante eet en in gastehuise bly."
Die kunsteteater en sulke instansies is belangrik en speel 'n groot rol in die opbou van George.
Schaap het gesê tydens Vrydag se vergadering is gekyk hoe om verskillende opsies in werking te stel. Daar is ook oor toekomsplanne gepraat.
Kyk 'n video hieronder:
Toekoms
Van die produksies soos Clue on stage in Oktober gaan voort. Daar is ook ander produksies in die pyplyn. Daar word ook beplan om 'n Amazing Race-geleentheid en 'n musiekkonsert in Desember aan te bied. Die bal is nou aan die rol. Hulle is egter nog nie uit die moeilikheid nie.
Byna R6 000 is in 'n week se tyd ingesamel en die Rand 'n tand-veldtog gaan voort.
Rocky Sonnekus van die Friends of George-organisasie en die dryfkrag agter die Rand 'n tand-veldtog het gesê pogings gaan voort om geld in te samel. Mense wat belangstel om bydraes te maak kan hom kontak by 076 135 5955.
Sedert die veldtog bekendgestel is, het baie mense hulp aangebied. Instansies het ook aangebied dat vertonings op hul persele gehou kan word en 'n donasie sal dan aan die teater gemaak word. Hy het gesê dit is belangrik dat jongmense ook by die teater betrek word. "Daar is bitter min gesonde aktiwiteite vir jongmense in George."
Role players of the George Arts Theatre and the George Municipality met last Friday to discuss ways to ensure that the theatre keep its doors open. Dirk Wessels, mayoral committee member for Finance and Strategic Services, said institutions that attract people, such as the Arts Theatre, are important for the health of the town.
Vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'