GEORGE NUUS - Donderdag 26 Julie was inderdaad 'n 'rooiletterdag' in Tuiniqua-versorgingsentrum se geskiedenis. Sover bekend is dit die eerste keer dat geld ingesamel is deur middel van 'n sop-, sjerrie- en broodaand met 'n gaskunstenaar.
Sowat 130 gaste is getrakteer op heerlike biltong- , botterskorsie- en groentesop saam met 'n verskeidenheid brode om van te kies en te keur. Die gaste is nog verder bederf met koffie/tee en heerlike melktertjies en koeksisters.
Om luister aan die aand te verleen, is een van George se geliefde sangers, Michael Lindt, genooi om op te tree. Hy het die gehoor behoorlik aan sy voete gehad met die passie en warmte waarmee hy hulle met sy sterk stem bekoor het. Voorwaar 'n wonderlike aand wat maklik 'n jaarlikse instelling kan word.
Michael Lindt se lewendige verhoogpersoonlikheid het sy Tuiniqua-gehoor bekoor.
'n Heerlike verskeidenheid soppe en brode is geniet.
Artikel: Coenie Ritter
Lees 'n verwante artikel: Michael LIndt by Tuiniqua
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'