GEORGE NUUS - Die Tuiniqua-versorgingsentrum bied môreaand, Donderdag 26 Julie, om 18:00 'n heerlike aand se ontspanning en vermaak by die sentrum aan met die gewilde Michael Lindt as die gaskunstenaar.
Om die koue verder te verdryf is heerlike sop (drie soorte), verskillende brode met konfyt, deur inwoners self gemaak, sjerrie en koffie/tee met melktertjies en koeksisters ingesluit by die kaartjiepryse wat teen R95 per persoon beskikbaar is.
Die publiek word uitgenooi om 'n aangename aand by die sentrum te geniet en terselfdertyd 'n baie goeie saak te ondersteun.
Bespreek vroegtydig by Charlene van Wyk by 044 874 5760.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'