Update
GEORGE NUUS - ‘n Uitgebreide soektog na die vermiste man wat gister in die see by Kaaimansrivier verdwyn het, is vanoggend van stapel gestuur.
Lede van die nasionale seereddingsinstituut (NSRI) by Wilderness en polisieduikers is tans besig om die area te fynkam waar die man, wat in ‘n grot in die omgewing bly, vermis geraak het.
Lees ‘n vorige berig hier: Man vermis in sterk seestroom by Kaaimans
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'