GEORGE NUUS - Die twee roomysstalletjies by die parkeerterrein op Heroldsbaai moes onlangs oppak na 'n versoek deur die George-munisipaliteit.
"Die spasies waarop hulle was gaan effens verskuif en weer aangewys word."
So het die direkteur van gemeenskapsdienste, Walter Hendricks, by navraag gesê.
"Dit vorm deel van 'n opgedateerde proses waarin alle belanghebbendes, insluitende die operateurs van die huidige roomysstalletjies, kon tender vir die vier spasies wat vir die volgende jaar op die parkeerterrein beskikbaar sal wees."
Volgens Hendricks het die proses ook publieke besware in ag geneem.
"Stalletjies mag nie verwaarloos wees nie, mors en besoedel nie, of die uitsig na die strand belemmer nie.
"Laasgenoemde beteken dat die stalletjies nou in lyn met die publieke toilette sal wees."
Die tenderproses het op 27 Oktober 2017 gesluit en suksesvolle tenderaars sal binnekort in kennis gestel word waar en wanneer hulle weer mag opslaan.
Lees verwante artikels:
ARTIKEL: MICHELLE PIENAAR, GEORGE HERALD-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'