NASIONALE NUUS - Die minister van polisie het ’n amnestieperiode van 1 Desember 2019 tot 31 Mei 2020 vir die inhandig van onwettige vuurwapens en ammunisie aangekondig.
In dié tyd kan ongelisensieerde wapens sonder vrees vir vervolging by polisiekantore ingegee word.
Kontak jou naaste polisiekantoor vir die nodige vorms of skakel die nasionale vuurwapenregister se oproepsentrum by 012 353 6111.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'