Update
GEORGE NUUS - Die ondersoek gaan voort om te probeer vasstel hoe die watertenk van die Tolhuis voete gekry het, het Gerda Stols voorsitter van die Vriende van die Tolhuis kort gelede aan die George Herald gesê.
Die watertenk is vermoedelik Saterdagaand gesteel.
Volgens Stols sal dit help as iemand bereid is om 'n nuwe tenk beskikbaar te stel en te skenk.
Sy was vroeër een van die sprekers by die Heritage Alive Symposium by die George Museum.
Sy het gesê die Tolhuis moet en sal weer herrys nadat dit erg beskadig is tydens die brande in Oktober.
Op die oomblik vind die finalisering van die restourisering-proses met die relevante instansies plaas.
Lees 'n verwante artikel: Tolhuis se watertenk kry voete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'