HEIDELBERG NUUSFLITS - ‘n Brand het Woensdag 7 Junie rondom middernag op Kruisrivierplaas waarop Indigo Fruit Farming geleë is, ontstaan.
Wonderbaarlik het die boorde geen skade opgedoen nie en het die vuur op sy eie in meeste dele doodgegaan. Die plaas is op die vorige plaas se lemoenbome hervestig en word reeds sewe jaar aan die ontwikkeling daarvan gewerk. Indien hierdie brand die oorhand gekry het, sou dit jare neem om weer te hervestig.
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
‘Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus’