GEORGE NUUS - Die 38-jarige verdagte van Rosemoor wat daarvan verdink word dat hy betrokke was in die wrede moord van Bianca Matroos (26) in November verlede jaar, het Dinsdag 7 Januarie in die George-landdroshof vir 'n borgtogaansoek verskyn.
Hy het egter nie 'n borgtogaasoek gebring nie en bly in aanhouding. Die saak is tot 9 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Matroos, 'n jong ma van New Dawnpark, se liggaam is Sondag 17 November deur verbygangers in 'n veld tussen die George Riding Club en Knysnaweg gevind.
Die verdagte is Sondag 24 November in hegtenis geneem.
Volgens die polisie is Matroos uitermate wreed verkrag en vermoor. Haar liggaam is in die veld gelos.
Matroos was blykbaar die Vrydagaand voor haar liggaam gevind is, saam met vriende by 'n nagklub in Pacaltsdorp en toe na 'n klub in die middedorp. Sy is daarna nie weer gesien nie.
Lees vorige artikels:
- Nog 'n jong vrou vermoor
- Man vas vir wrede moord
- Man arrested after murder at riding club
- Woman's body found at riding club
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'