GEORGE NUUS - Kiesers kom drupsgewys by die Moth-saal aan. Volgens die kiesbeampte, Kobus Volschenk, het 35 mense hul kruisies getrek teen skuins na agtuur.
Daar is 1 677 kiesers geregistreer.
"Stemmery was tot dusver maar traag, maar dis 'n gewone werksdag. Ek glo ná 16:00 behoort die getalle toe te neem wanneer mense uitval," het Volschenk gesê.
Mike van Petegem meld aan om vir sy keuse van 'n kandidaat te stem.
Die DA is in 'n vrolike luim.
Die VF Plus se groen pette is ook daar.
Lees 'n verwante storie: Tussenverkiesing vir wyk 18
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'