Video
GEORGE NUUSFLITS EN VIDEO - Die ACDP, DA en VF Plus is slaggereed om wyk 18 se kiesers by die Denneoord NG Kerk te ontvang.
Die stempunt is op die stadium nog stil en rustig.
Enkele kiesers kom die perseel binne om hul kruisie te maak.
Die tussenverkiesing vandag volg nadat die vorige DA wyksraadslid, Gert Niehaus, uit die party bedank het.
Inwoners kan tot 21:00 stem by albei stemlokale, NG Kerk Denneoord en Moths Hall in Loeriepark.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n verwante artikel: Meet the candidates for Ward 18 by-election
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'