GEORGE NUUS - Die Hoër Tegniese Skool Eden het vandag hul ‘Proudly South African Friday Denim & Tekkie’ dag vir die personeel gehou.
Kobus Koekemoer, die waarnemende skoolhoof, sê hulle wil vir al die mediese personeel wat tans in alle mediesverwante sektore in die dorp werk, baie dankie sê en sterkte toewens.
“Baie van ons leerders se ouers werk in hierdie sektore en het bietjie motivering en ‘n dankie nodig.”
Koekemoer sê hulle wou ook dankie sê aan al hul kollegas by alle skole wat tans baie hard in vreemde tye moet skoolhou.
Lees meer in volgende week se uitgawe van George Herald.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'