Update
GEORGE NUUS - Die hofsaak waarin 'n vooraanstaande sakeman van George daarvan aangekla is dat hy sy vriendin se vyfjarige seuntjie met 'n houtlepel geslaan het, is Maandag 3 Oktober in die George-landdroshof teruggetrek.
Na 'n volledige ondersoek het die staat besluit om nie te vervolg nie.
Volgens die biologiese pa het hy sy kinders vir 'n naweekbesoek opgetel toe hy erge blou merke op sy jongste se boude opgemerk het.
Die merke was glo van so 'n aard dat die pa genoodsaak was om 'n plaaslike dokter te besoek.
Die slagoffer se ma het aan die George Herald gesê sy het dit as 'n 'valse aanklag' en 'n direkte aanval op haar en op hul familie-eenheid deur iemand met 'n wraaksugtige en jaloerse agenda, beskou.
"Ons is baie dankbaar vir die goeie werk wat die staat gedoen het om hierdie bewering en die intensies daaragter regverdig te ondersoek en oorweeg.
"Vir ons as 'n familie is die welstand en toekoms van ons kinders ons grootste fokuspunt en ons is bly ons kan hierdie bewering agter ons sit en aanbeweeg," sê sy.
Die naam van die sakeman word weerhou om die identiteit van die kind te beskerm.
Lees vorige artikels:
ARTIKEL: KRISTY KOLBERG, GEORGE HERALD JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'